Lyrics

Met jou oë soos winter Die bries kom van diep uit die see Het ek jou in die dood al ontmoet? Sit my in jou bloes As dit raas in die dorp Ek het jou in my bloed hoor klop Die nag is gesplinter Met silwer van diep uit die see Ek het jou op my laaste ontmoet Sit my in jou bors As dit raas in jou mond Ek het jou in my bloed hoor klop Ek het weer verdwaal in die veld Jy't die sterre oor my uitgegiet As jy daai lot kan vergewe, Kan ek nog buite jou klere gaan hang En die wind op ons roep Die bome, die koor Ek weet jy wou dit hoor Jy't my gevra Ek het al hierdie goed Van die jeug en die bloed Tussen mense vergeet Sit my in jou plan As dit raas in jou kop Ek kon jou in my toekoms voel Ek het weer verdwaal in die veld Jy't die sterre oor my uitgegiet Nou's dit winter
Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out