Lyrics

Belangrik, verseker Kyk hoe baie mense by die graf Kameras flits aanhoudend Selfs die predikant moet wag Halleluja, sing almal saam Prys die Here se naam En daarna Gaan almal huistoe En die manne skink 'n dop Die maan sal wel Sy gang gaan Die son kom weer in die more Op Halleluja, sing almal saam Prys die Here se naam Hoe later, hoe kwater Die testament, die groot baklei Broedertwis, dis gewis Want elkeen voel Hy moes meer kry Halleluja, sing almal saam Prys die Here se naam Die stof gaan lê maar Weer op die klip tot dit reën En sy laaste woorde "waar gaan dit alles tog heen?" Halleluja, sing almal saam Prys die Here se naam
Writer(s): J P Botha Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out