Lyrics

Onskuld is een ding wat jy eers snap as dit weg is Dit skild jou teen dinge as jy nog jong en opreg is Ek weet jy wil groot wees Maar bly nog bietjie klein Want grootmenswees-sjarme Gaan gou-gou verdwyn Want die lewe is gee En die lewe is neem En soms gaan daai som Nie na jou kant toe leun Hou vas aan daai speelding Hou vas jou verbeelding Want tyd se gevolge Kan jy nie vryspring Onskuld is een ding wat jy eers snap as dit weg is Dit skild jou teen dinge as jy nog jonk en opreg is So moenie te gou wil groot word nie Ja, moenie te gou wil groot word nie Onskuld, ons skild Jy gaan soms voel Dat mense jou net voorskryf En niemand belangstel In wat in jou hart ronddryf Weet net dat meeste Hul beste probeer En selde met opset Jou hart wil beseer Hou vas aan daai speelding Hou vas jou verbeelding Want tyd se gevolge Kan jy nie vryspring Onskuld is een ding wat jy eers snap as dit weg is Dit skild jou teen dinge as jy nog jonk en opreg is So moenie te gou wil groot word nie Ja, moenie te gou wil groot word nie Onskuld, ons skild Ons sê altyd jeug word vermors op die jonges Maar dalk is ons as ouers die werklike drommels Dalk word die wysheid op ons vermors Terwyl die kinders ywerig daarna dors Maar dis alles net vir jou Hierdie lewe wat ons bou Ek wens ek kon jou net nog 'N Klein rukkie klein hou Onskuld is een ding wat jy eers snap as dit weg is Dit skild jou teen dinge as jy nog jonk en opreg is So moenie te gou wil groot word nie Onskuld is een ding wat jy eers snap as dit weg is Dit skild jou teen dinge as jy nog jonk en opreg is So moenie te gou wil groot word nie Ja, moenie te gou wil groot word nie Onskuld, ons skild Hou vas aan daai speelding Hou vas jou verbeelding Maar tyd se gevolge Kan jy nie vryspring nie
Writer(s): Leon-ben Lamprecht Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out